Lets latviešu valoda | ||
---|---|---|
Uitspraak: | ['latviɛʃu 'valuɔda] | |
Gepraat in: | Letland Litaue Estland Pole Rusland Belarus | |
Gebied: | Baltiese lande | |
Totale sprekers: | 3 miljoen (1,5 miljoen in Letland)[1] | |
Rang: | 160 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Balties Oos-Balties Lets | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Europese Unie Letland | |
Gereguleer deur: | Staatskommissie van die Lettiese taal (Valsts Valodas Centrs) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | lv
| |
ISO 639-2: | lav
| |
ISO 639-3: | lav
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Lets of Letties (latviešu valoda [ˈlatviɛʃu ˈvaluɔda]) is 'n Oos-Baltiese taal en die moedertaal van ongeveer 1,5 miljoen mense. Dit is die enigste amptelike taal van Letland en een van die offisiele tale van die Europese Unie.[2][3][4] Die grootste gemeenskappe van Letssprekendes buite Letland en dele van sy buurlande (Litaue, Estland, Rusland, Pole en Belarus ) is in die Verenigde Koninkryk, Verenigde State, Ierland, Australië, Duitsland, Swede, Kanada, en Brasilië. Die Letse taal behoort aan die Baltiese taalgroep van die Indo-Europese taalfamilie. Die oudste voorbeelde van geskrifte in die Letse taal - uit die 15de eeu - kan gevind word in die boeke van die Jānis Gilde (ook bekend as die Klein Gilde) se Society of Beer Porters. Dit het meestal uit Lette bestaan, en vanaf 1517 was die ouderlinge van die broederskap ook Lette. Die eerste teks in Letties is gedruk in die kerkhandleiding "AGENDA" wat in 1507 gepubliseer is.[5]